About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline



89 THRHR [i] (2026)

handle is hein.journals/tyromhldre89 and id is 1 raw text is: 














                    REDAKSIONELE BELEID


 1  Die THRHR   stel hom ten doel om uitmuntendheid in navorsing op alle gebiede van die
    Suid-Afrikaanse reg te bevorder deur bydraes van  gehalte te publiseer, hetsy as
    vollengte-artikels, hetsy as korter aantekeninge of vonnisbesprekings. Sodoende onder-
    steun dit hoëvlak leer, onderrig, en navorsing. Alle bydraes in Engels of Afrikaans
    word voorsien van opsommings  in Afrikaans en Engels, onderskeidelik. Waar gepas,
    kan opsommings  in enige van die ander amptelike tale van Suid-Afrika ook voorsien
    word. Bydraes deur buitelandse skrywers word verwelkom.
 2  Die gehalte van publikasies word verseker deur bydraes te onderwerp aan portuur-
    evaluering deur erkende deskundiges in die betrokke veld. Veral waar minder ervare
    skrywers se werk ter sprake is, word bydraes wat nie publiseerbaar bevind is nie saam
    met die beoordelaar se kommentaar aan die skrywer teruggestuur en word die skrywer
    n geleentheid gegun om die bydrae weer voor te lê nadat dit omgewerk is.
 3  Vir doeleindes van portuurevaluering maak die THRHR   gebruik van n uitgebreide
    redaksieraad, wat bestaan uit vooraanstaande regsgeleerdes wat elke regsfakulteit in
    die Republiek van  Suid-Afrika verteenwoordig, asook ere- en oorsese lede. Alle
    bydraes wat vir publikasie voorgelê word, is onderhewig aan portuurevaluering.
 4  Bydraes in Engels en Afrikaans is ewe welkom; geen voorkeur word aan enige van die
    tale verleen nie.
 5  Bydraes wat reeds elders verskyn het, word in die reël nie vir publikasie aanvaar nie;
    hulle kan egter wel oorweeg word indien die redakteur meen dat die onderwerp en die
    gehalte van die item dit regverdig.
 6  n Bydrae wat  elders vir publikasie aangebied is maar wat om welke rede ook al nie
    aanvaar is nie, of slegs voorwaardelik aanvaar is, word as n reël nie vir publikasie deur
    die THRHR  oorweeg  nie. Die redakteur mag egter in sy diskresie wel plasing van so-
    danige bydrae oorweeg, mits die outeur openbaar dat die bydrae reeds elders aangebied
    is en, waar van toepassing, redes verskaf waarom dit nie vir publikasie aanvaar is nie,
    of voorwaardelik aanvaar is.
 7  Bydraes wat vir publikasie aanvaar is, sal gewoonlik verskyn in die volgorde waarin
    hulle ontvang is. Die redakteur kan egter by geleentheid van hierdie praktyk afwyk om
    wat inhoud betref die balans te behou tussen die verskillende items wat in n bepaalde
    uitgawe verskyn, of om n bydrae wat buitengewoon aktueel is, te akkommodeer.
 8  Die THRHR   word  later in hierdie uitgawe gepubliseer.
 9  Navorsing deur minder ervare skrywers word aangemoedig deur die uitloof van n prys
    vir die beste bydrae deur n eersteling-bydraer wat die rang van senior lektor of laer
    beklee ten tyde van die voorlegging van die bydrae.
10  Daar word  n prys uitgeloof vir die beste artikel ongeag onderwerp of taalmedium.
11  Die voortgesette ontwikkeling van Afrikaans as regstaal word aangemoedig deur die
    uitloof van n prys vir die beste bydrae in Afrikaans.
12  Die skryf van nuttige bydraes van meer beperkte omvang word aangemoedig deur die
    uitloof van n prys vir die beste aantekening of vonnisbespreking.
13  Meerdere bydraes deur een skrywer kan saam vir n prys oorweeg word. Die redaksie
    hou egter die reg voor om geen prys in n bepaalde kategorie toe te ken nie indien dit
    van mening  is dat die gehalte van die bydraes wat ontvang is, nie die toekenning van
    die prys regverdig nie.
14  Bydraes deur bestuurslede van die Vereniging Hugo de Groot, die redaksiekomitee, en
    die redaksie kom nie vir pryse in aanmerking nie.