About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline



7 Potchefstroom Elec. L.J. 1 (2004)

handle is hein.journals/per2004 and id is 1 raw text is: MENSWAARDIGHEID NA TIEN JAAR VAN REGSTAATLIKHEID IN SUID-
AFRIKA1
'n Toespraak ter inleiding van die tema: Die verwesenliking van menswaardigheid in die
huidige tydsgewrig
LWH Ackermann2
Emeritus Regter van die Suid-Afrikaanse Grondwetlike Hof
1   Inleiding
Meneer die Rektor, kollegas, dames en here. My dank aan die Universiteit vir die vriendelike
uitnodiging om die gesprek van u forum in te lei, by geleentheid van die herdenking van die
selfstandigwording van PUK in 1951. Menswaardigheid as regsbegrip is vir my 'n boeiende
onderwerp. Belangriker as my persoonlike voorkeure egter, is die feit dat die konsep mens-
waardigheid, human dignity, Menschenwirde, die murg van ons Grondwet en van ons
regstaatlikheid sedert 1994 uitmaak.
2   Die betekenis van menswaardigheid
Ek wil eers poog om inhoud aan die begrip menswaardigheid te gee, alvorens ek die vraag
aandurf van hoe dit na tien j aar van regstaatlikheid in Suid-Afrika uitsien.
My invalshoek is 'n juridiese, en in besonder 'n staatsregtelike een. Dit is ook 'n sekulre
benadering, omdat ons Grondwet 'n sekulre konstitusie is. Hierdeur gee ek allermins te kenne
dat die teologie van menswaardigheid nie van groot belang is nie; tewens, ekself het groot baat
gevind, intellektueel en andersins, by die werk van, byvoorbeeld Jirgen Moltmann3 en Duncan
Forrester,4 wat menswaardigheid - en trouens al die fundamentele menseregte - aan die imago
1   Inleidende toespraak gelewer by Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) op 16 Maart 2004.
2   SC BA LLB (Stellenbosch), MA (Oxford), LLD hc (Stellenbosch), Ere-Genoot, Worcester College,
Oxford. Emeritus Regter van die Suid-Afrikaanse Grondwetlike Hof.
3   Moltmann On Human Dignity.
4   Forrester On Human Worth.